Verkoue

 

Een van die ongewone boererate vir verkoue is die volgende.  As jy daai seer keel het wat vir jou sê jy is besig om ‘n verkoue te kry, meng een teelepel koeksoda in water, sluk dit af en hardloop so vinnig as wat jy kan om die blok. Klink mal, maar dit alkaliseer jou bloed baie vinnig en dit ontstel die kieme so bietjie.

______________________________________________

Om te help keer dat jy verkoue kry, eet baie knoffel en gemmer in jou kos.

Gemmer kan ook in kookwater getrek word en die aftreksel gereeld gedrink word.

______________________________________________

As jy ly aan ‘n verkoue, meng ‘n halwe teelepel kaneel en twee teelepels heuning by warm water.  Drink dit in die oggend en aand om die verkoue te verlig.

 Leave a Reply

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

(required)

(required)